Maklike en Pret Klei kaartspel – “Clay Pictionary”

‘n Prettige en maklike kaartspel waarmee ons klei gebruik om prente uit te beeld. Die perfekte speletjie vir binnenshuis wat die kinders ure kan besig hou.

Indien jy reeds flitskaarte besit, gebruik dit vir die speletjie. Indien nie, laai ons sin af. Dit is ‘n stel 26 alfabetiese flitskaarte. Die kaarte was so ontwerp om sodoende maklik identifiseerbare voorwerpe te hê wat ook maklik is om met die klei te maak. 

Laai Flitskaarte af [Click here for English version]

  • PDF dokument [1.2mb] – Druk op karton, sny en lamineer.
  • Individuele prente van die flitskaarte [971kb zip file]. Perfek indien jy nie kan druk nie, die prente kan dan een vir een op die rekenaar, of mobiele toestel gewys word. Die prente is in .zip formaat en moet eers op ‘n rekenaar “unzip” word, om toegang tot al 26 kaarte te kry.
  • Facebook Gallery. Indien jy op facebook is, kan jy net ons flitskaart foto-gallery oopmaak op jou mobiele toestel en die fotos een vir een daarop vertoon.

WAT JY BENODIG:

  • Speelklei
  • Flitskaarte
  • Enige gereedskap soos, plastiek messe en vurke, tande- of sosatie stokkies, strooitjies, ens.
  • Plekmat of stuk papier om die tafel te beskerm en jou klei beeldjies op te maak.

REËLS- om die spel te speel:

  • Skommel die kaarte en plaas dit op ‘n hoop, gesig na onder, in die middel van die tafel.
  • Elke persoon kry een of meer hompe klei. Elkeen kan hul gunsteling kleur gebruik of verskillende kleure. Die keuse berus by jul.
  • Die jongste persoon neem die boonste kaart, draai dit om en plaas dit langs die hoop, gesig na bo.
  • Elke persoon beeld die prentjie op die kaart in klei uit, in 2D of 3D. [sien fotos onder]
  • Jul kan net vir pret speel of vir punte. Allokeer ‘n punt aan die persoon wat eerste sy beeldjie klaar het, hou in gedagte dat dit darem die prentjie moet voorstel. Moenie te krities wees nie, onthou hierdie is ‘n pret aktiwiteit. 
  • Opsioneel: Kan jul teen tyd speel. Stel ‘n minuut en allokeer ‘n punt aan elke speler wat hul beeld binne die spertyd klaarmaak.

Die belangrikste: GENIET DIT!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.